Vroue wat Glo sê: “Dankie, Here”

Vroue wat Glo sê: “Dankie, Here”
past 8 months ago

Starts: Saturday, 16 April, 2016 05:00am

Ends: Saturday, 16 April, 2016 08:00am

Event Details

SATERDAG 16 APRIL, KERK SONDER MURE, CENTURION
1 Tessalonisense 5:18: Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Dis makliker gesê as gedaan, dink jy terwyl jy weer moet lees hoe politici die land deur die modder sleep. As jy in die winkel kom en opnuut besef hoe duur die lewe is of wanneer jou man sy werk verloor omdat die maatskappy hom te midde van die swak ekonomie nie langer kan betaal nie. Die wêreld is nie ’n maklike plek vir vroue nie. Waarna gryp ek as die lewe my pootjie? God vra vroue om ten spyte van hierdie omstandighede steeds anders te wees. Vroue wat Glo se “Dankie, Here”-geleentheid op16 April gaan baie spesifiek op dié dinge fokus wat vroue in vandag se tye hoop en vertroosting gee.

Kom luister na programleier Almarie du Preez en sprekers Lindie Strydom en Sorina Erasmus as vroue wat die druk van die wêreld baie sterk ervaar. As dankbare vroue gaan ons ook God se lof besing saam met Willie en Natasha Joubert.
BESPREEK NET EN KOM

Natuurlik kos so ’n geleentheid ’n paar rand, maar ons wil vir die eerste keer nie hê dat jy vooraf moet betaal nie. Daar is 1 000 plekke beskikbaar – bespreek net en kom! As jy voel dat die boodskap ’n impak op jou gemaak het, kan jy aan die einde van die program dít gee wat jy in jou hart voel om te gee.