WORK HARD PLAY HARD 2015/2016

WORK HARD PLAY HARD 2015/2016
past 12 months ago

Starts: Sunday, 20 December, 2015 10:30am

Ends: Sunday, 20 December, 2015 01:30pm

Event Details

Ons het 'n awesome 82 lede! Die kersfees projek begin sommer vroeg die jaar! Die tema... "WORK HARD - PLAY HARD". Die plan is om vir mammas in nood te help met skool pakket vir hul kleingoed vir 2016 (dis nou die "work hard" deel). Dit sal insluit 'n skoolrugsak, skryfbehoeftes, kosblikkie en koeldrankbottel. Dan vir elke kind 'n kersgeskenkie wat 'n broekie, hempie, plakkies en speelding insluit (dis nou die "play hard" deel). Vir die lede wat kan help met donasies, los asb jou epos adres. 'n Ander opsie waaraan ek gedink het is die van julle wat nie jul "pick n pay smart shopper" punte gebruik nie kan dit ook aan ons skenk. Ons sal dit gebruik om die goedtjies daar te gaan koop. Dan, laastens, soek ons mammas in nood. Laat ons jou help om jou kleinding te help. Elke kind verdien 'n glimlag op kersdag en selfvertroue vir daardie eerste dag van skool! Kan nie wag om van jul almal te hoor nie!